de Pakhuys
 

Pasop!
Waneer jy oor die Cederberge ry in die Agter Pakhuis vallei in, is daar 'n goeie kans dat jy jou hart gaan verloor.
Ons het.

de Pakhuys plaas is gelee in die skilderagtige Agter-Pakhuis vallei, 26 km van Clanwilliam af, oppad na die geskiedkundige dorpie, Wupperthal.  Die plaas en gastehuise behoort aan die Kruger en Botha families.  Die  Krugers,  oorspronklik van Kaapstad,  kon na 'n besoek in 2003 , nie die versoeking weerstaan om 'n stukkie van hierdie paradys te besit nie.

Hulle het 'n stuk grond in hierdie pragtige vallei gekoop en begin om van die ou plaashuise op te knap sodat hulle die skilderagtige Sederberge met kuiergaste kon deel.