Stap
Gaste is welkom om op die plaas rond te stap en daar is twee formele staproetes wat gevolg kan word:

Staproetes




Die Plaat Roete (2 ure)

Hierdie roete volg 'n 4 x 4 roete en neem jou op na Die Plaat gedeelte van die plaas. Die roete neem gewoonlik so twee ure maar kan aangepas word vir mense wat korte wil stap. Gedurende die blom seisoen stap mens deur eindelose blomvelde. Hierdie roete bied pragtige berg uitsigte en oor die vallei onder.


Die Waterval Roete

Hierdie roete kronkel langs die oewers van die Brandewynsrievier tot waar die plato skielik 200m daal. Die daling vorm pragtige watervalle,  stroomversnellings en asemrowende rots formasies. Voelkykers kan die skaars Witkruis arend sien nes, hoog teen die kranse.  Daar is ook lieflike rotspoele om in af te koel.