Organiese tee en wyn
 


Rooibos tee word sedert die tyd van die San en Khoi in ons gebied gebruik en verbou.       de Pakhuys verbou sowat 180ha organiese Rooibos.   Gaste is welkom om gedurende die oes seisoen die landerye te besoek om deel te neem aan die proses.

de Pakhuys verbou ook Shiraz en Chenin Blanc druiwe op organies landbou metodes.   Ons druiwe word tans gelewer aan 'n plaaslike kelder maar daar word be-oog om binne die afsienbare toekoms wyn onder ons eie etiket te bottel.