Elke jaar
in gedurende Julie en Augustus verander die Sederberg
wildernis area in ‘n skouspel van blommeprag. Plate
blomme bedek die grond sovêr die oog kan sien. Meer as 250
tipes inheemse blomsoorte kom hier voor. Die omvang van
die blomme prag word grootliks deur die hoeveelheid
winterreëns wat in die gebied val bepaal.
Besoeker
wat een van die talle blomroetes in die gebied wil neem
kan meer inligting by
die Clanwilliam inligtingskantoor bekom. Die beste blom
kyk tyd is tussen 10 – 15:00 daagliks – maar onthou – as
die wind waai of dis bewolk gaan die blomme nie hul
gesiggies wys
nie!
Die jaarlikse
Clanwilliam Veldblomskou is iets om nie mis te loop
nie.
Inligting oor die Veldblomskou kan gekry word by
Clanwilliam Toerisme Vereeniging by tel no
0274822024 |