Wat om te sien
Daar is 'n skilderagtige pad wat lei na die bokant van die plaas, ongelukig is dit slegs toeganklik vir 4 x 4 voertuie. Die bokant van die plaas bestaan uit 60 ha rooibos tee plantasies en 260 ha onbedorwe fynbos klowe en veldblomme in seisoen. Daar is ook honderd-jaar oue olienhout bome tussen die rotse. 'n Ou klip grot kan gebruik word as die ideale plek vir 'n piekniek of selfs 'n avoontuurlustige kampplek.

•  Boesman rots kuns 
   . •  Sevilla Rock Art Trail
    (4km oppad Wuperthal toe).
   Tel: 027 4821824

•  Veld blomme (Julie - September)

•  Wynplaas
   Ons buurplaas,
    Alpha Excelsior Country Winery,
    mag op afspraak besoek word.
    Bespreek asseblief vroegtydig
   by Connie of Liz Du Toit
    Tel: 027 482 2700

•  Wuperthal
    Wupperthal omtrent 49km van die plaas af
   gelee in die afgesonderde Tra-Tra vallei op die grens
   van die Cederberg Wildernes Area.
   Die dorpie dateer terug na 1830 en
   is gestig deur Duitse Rhenish sendelinge,
   Baron Theobold von Wurmb en
   Johann Gottlieb Leipoldt,
   wie 'n skoenmaker was en ook die oupa van
   die bekende afrikaanse digter Louis Leipoldt.
   Informasie kantoor - Tel: 027 492 3410
   www.wupperthal.co.za