top of page

Staproetes by de Pakhuys

 

Die Sederberge het ‘n manier om diep in jou hart vas te skop – die rooi gestapelde rotse, die Waboom en Gharrabosse, die skaam Klipbokke en die Bojane, die ewig ontwykende Kaapse Luiperd.  Die reuk van fynbos en rooitee sal jou lok om nog ‘n bietjie verder te ondek.

See this on both Waterfall and Kloof walks
Kloof staproete

 

Die roete kronkel deur die groot rooi rotseblokke af in die kloof en terug langs die Brandewynsrivier  tot by die waterval.  Voël entoesiaste mag dalk die Witkruis arende gewaar wat hul nes hoog op teen die rooikrans bewaak. Moeë stappers kan lekker afkoel in die yskoue bergwater by die waterval.

​

  • 2 huur / 6km sirkel roete - meestal goed gemerk

  • gemiddelde tot moeilike stap

  • Kaart beskikbaar by die kantoor

Last waterfall of the three
Waterval roete

 

Die roete loop saam met die kloofroete en maak so halfpad 'n draai reguit waterval toe - die omgewing daar is asemrowend!

​

  • 1.5 huur / 4km

  • Maklike tot gemiddelde stap

 

View from die Plaat walk
Die Plaat roete

​

Die roete volg die 4x4 pad wat ons gebruik om tee bo-op die plato te gaan oes in die somermaande .Gedurende die winter is daar pragtige blomme langs die roete.  Die uitsig oor die vallei en die Sederberg is ongelooflik van die roete af. Neem ongeveer 2 ure maar jy kan stap so vêr jy wil.  Die roete is beter om in die wintermaand aan te pak - dit is nie langs die rivier nie en kan bitter warm raak in die somermaande.

 

Heuningvlei  roete (22km)

 

Die roete volg die ou 4x4 pad van die bopunt van Pakhuispas af na die historiese Heuningvlei nedersetting. As jy werklik die Sederberg in al sy glorie wil beleef is hierdie die roete vir jou!  Hierdie roete is al beskryf as die " most scenic walk in the Western Cape"

​

  • Vervoer kan verskaf word na die die begin punt en terug

  • 4  - 6 uur - neem baie water saam

  • CapeNature permit of Wildcard word benodig  - beskibaar by die Kliphuiskampterrein op die pas.

 

bottom of page